Moraliteit

Allegorie van die moraliteit van aardse dinge, toegeskryf aan Tintoretto, 1585.

Moraliteit (ook sedeleer, veral in ‘n godsdienstige konteks) (van Latyn moralitas 'manier, karakter, behoorlike gedrag') is die onderskeid tussen bedoelings, besluite en handelinge wat as behoorlik (reg) en dié wat onbehoorlik (verkeerd) gereken word.[1] Moraliteit kan omvattende standaarde of beginsels wees wat afgelei is van 'n gedragskode van 'n bepaalde filosofie, godsdiens of kultuur, of dit kan afkomstig wees van 'n standaard wat 'n persoon glo universeel moet wees.[2] Moraliteit kan ook spesifiek ‘n sinoniem wees van "goedheid" of "reg".

Morele filosofie sluit in meta-etiek, wat abstrakte kwessies soos morele ontologie en morele epistemologie bestudeer, en normatiewe etiek, wat meer konkrete stelsels van morele besluitneming soos deontologiese etiek en konsekwensialisme bestudeer. 'n Voorbeeld van normatiewe etiese filosofie is die Goue Reël, wat stel dat: "'n Mens moet ander behandel soos jy wil hê ander moet jouself behandel."[3][4]

Onsedelikheid is die aktiewe teenoorgestelde van moraliteit (d.w.s. in opposisie teen dit wat goed of reg is), terwyl amoraliteit op verskillende maniere gedefinieer word as 'n onbewustheid van, onverskilligheid teenoor, of ongeloof in enige spesifieke stel morele standaarde of beginsels.[5][6][7]

  1. Long, A. A.; Sedley, D. N. (1987). The Hellenistic Philosophers: Translations of the Principal Sources with Philosophical Commentary. Vol. 1. Cambridge: Cambridge University Press. pp. 366–67. ISBN 978-0521275569.
  2. Stanford University (2011). "The Definition of Morality". Stanford Encyclopedia of Philosophy. Stanford University. 
  3. "golden rule". A Dictionary of Philosophy. (1979). Ed. Antony Flew. London: Pan Books in association with The MacMillan Press. ISBN 978-0333262047. “Die beginsel behandel ander soos jy behandel wil word'. Verskeie uitdrukkings van hierdie fundamentele morele reël is te vinde in beginsels van die meeste godsdienste en belydenisskrifte deur die eeue, wat getuig van die universele toepaslikheid daarvan.” 
  4. Walter Terence Stace het aangevoer dat die Goue Reël veel meer is as bloot 'n etiese kode. Hy beweer dat dit "die essensie van 'n universele moraliteit uitdruk". Die rasionaal vir hierdie onderskeid beslaan baie van sy boek The Concept of Morals (1937). Stace, Walter T. (1937). The Concept of Morals. New York: The MacMillan Company; reprinted by Peter Smith Publisher Inc, Januarie 1990. p. 136. ISBN 978-0-8446-2990-2.
  5. Johnstone, Megan-Jane (2008). Bioethics: A Nursing Perspective. pp. 102–03. ISBN 978-0-7295-3873-2. PMID 2129925. {{cite book}}: |journal= ignored (hulp)
  6. Superson, Anita (2009). The Moral Skeptic. Oxford University Press. pp. 127–59. ISBN 978-0-19-537662-3.
  7. "Amorality". Dictionary.com. Besoek op 18 Junie 2010. " geen morele standaarde, beperkings of beginsels het nie; onbewus van of onverskillig teenoor vrae van reg of verkeerd "

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search